Tuesday 7 June 2016

STUDENTE SÊ MEKAAR DIE STRYD AAN TYDENS AKSIE SPORTDAG

Die Bellville kampus se Centurion en Prestige Akademie studente het Vrydag, 13 Mei 2016 gesorg vir groot opwinding tydens hul jaarlikse aksie sport dag met netbal en sokker wedstryde wat op die Vredelust sport gronde gehou is.

Volgens Sean Wheeler, ‘n sportbestuur student aan die Centurion Akademie Bellville kampus en sportdag organiseerder, was “hierdie sportdag net die begin van lekker gesonde kompetisie. Ondersteuners het die dag geniet en die positiewe atmosfeer van beide kampusse bewys dat dit ‘n suksesvolle dag was.”  

“Ons wil graag weer ‘n aksie sportdag reël, soos verlede jaar, waar spanne van verskillende tersiêre instansies teen mekaar speel.  Die voorbereiding vir so ‘n kompetisie is baie belangrik en hierdie sportdag het vir ons gewys dat daar genoeg belangstelling vir so iets is,” sê Curtly Ambrose, ondervoorsitter van die studenteraad van die Centurion Akademie Bellville kampus. 

Ondersteuners het glad nie ‘n tekort aan aksie gehad nie.  Die gemengde mans en dames netbalspan, die Red Spartans, het skoonskip gemaak op die netbalbaan en die sokker span, Super Strikers, het naelskraap gewen toe hulle ‘n doel tydens ekstra tyd geskop het. 


Vir meer inligting oor die Centurion Akademie en Prestige Akademie Bellville kampusse besoek hulle webtuistes by www.ca.ac.za en www.prestigeacademy.co.za of skakel onderskeidelik 021 949 1751 of 021 949 5036.  

 Soccer: Super Strikers
Players: Syldrey, Kyle, Julius, Andrew, Brentino, Aiden & Chad



Netball: Red Spartans

Players: Divan, Jé-zelle, Karnu, Christiaan, Tarren, Rhomeé & Chamonix



No comments:

Post a Comment